GEORGE NUUS - Gereelde kragonderbrekings in Borcherds frustreer dié woonbuurt se inwoners.
Sommige inwoners reken die elektrisiteitsvoorsiening aan talle sinkhutte in Spandielstraat oorlaai die netwerk.
George-munisipaliteit het by navraag bevestig dat daar wel gevalle van kragonderbrekings is wat ontstaan weens oorlaaide netwerke in die wintermaande.
"Die probleem in Borcherds, is egter met die fasering, met ander woorde die fases is nie gebalanseerd nie en hierdie probleem kan reggestel word," het die munisipale woordvoerder Chantel Edwards-Klose gesê.
"Die elektrotegniese departement is besig met 'n deeglike ondersoek en sou dit 'n oorlaaide netwerk probleem wees, is daar fondse op die 2017/18-begroting vir 'n opgradering."
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'