GEORGE NUUS - Die voetganger, wat op Sondag 26 September in Knysnaweg doodgery is, is verlede Woensdag deur sy familie uitgeken.
Volgens sy seun, Joe-Louis Pretorius, was die 62-jarige John Godfrey van Rosemoor, op pad werk toe, toe hy naby Mujo's Bar and Restaurant deur 'n gryskleurige Audi A3 in Knysnaweg getref is.
'n Gedeelte van die pad was ná die ongeluk vir 'n paar uur lank gesluit.
Godfrey het die pad oorgesteek toe die voertuig, wat van George in die rigting van die Garden Route Mall gery het, hom omstreeks 09:50 getref het. Hy het op die toneel aan veelvuldige beserings beswyk.
Die bestuurder van die Audi was op die toneel toe die polisie opdaag en is van die toneel na die polisiekantoor begelei vir ondervraging.
Niemand is nog aangekla nie. Sodra die ondersoek afgehandel is, sal die dossier by die senior staatsaanklaer ingedien word vir 'n besluit om te vervolg of nie.
Begrafnisreëlings
Godfrey word eerskomende Saterdag begrawe. Teen druktyd was sy familie nog besig met die finale reëlings.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinnroete nuus'