Gallery
GEORGE NUUS - Kleintjies van Voories@Klouterwoud, almal tussen vier maande en gr. RR, het op Valentynsdag die liefde by Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) in George uitgedeel.
Volgens skoolhoof en eienaar van Klouterwoud, Christa van der Merwe, is dit belangrik vir hulle om vir die kleintjies te leer dat dit beter is om te gee as om te ontvang.
"Daar is verskillende maniere om liefde uit te deel, en ons wou dit vir die kinders tuisbring," vertel sy.
Die kinders se ouers is gevra om vir 'n week lank vanaf Maandag 6 Februarie, honde en katkos te skenk. Só is 'n bakkievrag kos ingesamel en Dinsdag aan Odin se Marlene Mennie geskenk.
FOTOGALERY: Kleintjies deel liefde uit by Odin
Die kinders het ook hul eie stempel afgedruk deur die sakke kos met hartjies en briewe te versier.
"Die insameling het net weer bewys dat mense van George regtig 'n hart vir diere het. Ons, en die diere van Odin, is vreeslik dankbaar vir almal se bydrae," het Van der Merwe gesê.
Elana Wentzel, Christa van der Merwe, Marlene Mennie (Odin), Rhoandy Pienaar en Rosetta Muller, saam met die kleintjies van Voories@Klouterwoud.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'