GEORGE NUUS - Sowat 40 Voortrekkers van die nuwe Blanco-Niqua Voortrekkers en hul ouers het die Hartenbos Voortrekkermuseum op nasionale Museumdag, 18 Mei, besoek.
Dié museum, wat die geskiedenis van die lewe en bewegings van die Voortrekkers uitbeeld, het die kinders 'n goeie beeld gegee van hoe Voortrekkers gelewe het tydens hul uittog uit die Kaapkolonie.
Lewe in die veld, hoe kerse gemaak is, wat alles in die wa-kis gebêre is, en ander aktiwiteite is mooi verduidelik deur die bekwame museumgids, Nellie Fillies. Die jeuglede kon ook elkeen spog met 'n pragsertifikaat wat spesiaal vir hulle deur die ATKV ontwerp is.
Blanco-Niqua Voortrekkers vergader elke tweede Dinsdagmiddag om 14:30 by Laerskool Blanco.
Rig navrae aan die kommandosekretaris, Henriëtte van Niekerk by 082 822 6405.
Die Voortrekkertjies van Blanco het die uitstappie terdeë geniet.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'