GEORGE NUUS - Die kettingwinkel in Courtenaystraat, Pick n Pay Pre-Cap Centre, moes van sy aktiwiteite staak vir die inperkingstydperk nadat 'n verteenwoordiger van die gesondheidsafdeling van die Garden Route-distriksmunisipaliteit onverwags verlede Dinsdagmiddag, 31 Maart, daar opgedaag het.
'n Rukkie nadat die persoon daar weg is het die eienaar, Fernando Gomes, 'n telefoonoproep van die polisie ontvang en is hy meegedeel dat daar 'n klagte by hulle gelê is. Hy moes 'alle voedselproduksie' behalwe die bakkery en die slaghuis sluit.
Gomes het besluit om saam te werk en die deli en die afdeling vir warm kosse te sluit vir die inperkingstyd.
Gomes was verras want soos hy dit verstaan het, het hy toestemming gehad. Hy het met 'n dilemma gesit want hy het kos voorsien aan mense wat noodsaaklike dienste verrig. Hy kan dit nou nie meer doen nie en die mense moet 'n ander plan maak.
Hy het Dinsdag aan die George Herald gesê hy sal die regulasies gehoorsaam soos vereis. Dit is wel korrek dat hy baie geld verloor, want vier afdelings in die winkel moes tydelik sluit.
Herman Pieters, woordvoerder van die Garden Route-distriksmunisipaliteit, het na aanleiding van die voorval, gesê dit gaan oor die beginsel van "ready to eat food" wat nie toegelaat word nie. "Die rede is dat die mense van die strate af moet bly en hulle etes by die huis moet maak. Daar is 'n paar Pick n Pay-takke in die gebied en hulle word dieselfde hanteer as enige ander voedselverskaffer aan die publiek. Hierdie besluit is in die gesamentlike beheersentrum (JOC) uitgeklaar en word so deur SAPD toegepas.
"Ons bestuurder, munisipale gesondheid, het bevestig dat hy 'n oproep van Pick n Pay se hoofkantoor ontvang het waartydens hy die toepassing hiervan aan hom verduidelik het en hulle tevrede was met die agtergrond van ons besluit."
'n Woordvoerder wat namens Pick n Pay optree het gesê: "Ons sal altyd optree in ooreenstemming met die regulasies soos neergelê deur die regering en sal voortgaan om ons klante te dien in die inperkingstyd."
The owner of Pick n Pay Precap Centre in Courtenay Street, Fernando Gomes, was caught by surprise last Tuesday when he received a phone call from the police instructing the shop to close down some its food-producing sections.
It turned out that an official of the Garden Route District Municipality health division had been in the shop earlier and laid a complaint.
On enquiry, it came to light that shops are not allowed to provide "ready-to-eat" food for the duration of the lockdown as this would encourage people to leave their homes, which is contrary to the aims of the lockdown.
Pick n Pay said in a statement to the paper that they "will always abide by the regulations set by Government and will continue to best serve our customers during this lockdown period".
The shop has had to close four sections, but the bakery and the butchery are still in operation.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'We bring you the latest George, Garden Route news'