GEORGE NUUS - Die Federasie van beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole (Fedsas), is besig met ‘n landwye opleidingsprogram van nuutverkose beheerliggame. Daar is sowat 170 geskeduleerde opleidingsessies in Suid-Afrika met 30 wat in die Wes-Kaap aangebied word.
Daar gaan Dinsdagaand, 29 Mei, ‘n opleidingsessie deur Fedsas aan skole in en om George aangebied word. Dit vind van 18:00 tot 21:00 by Laerskool Outeniqua plaas.
Kontak Fernando Tallie, die adjunk-provinsiale bestuurder, by wcape4@fedsas.org.za of skakel 078 379 3988 vir meer besonderhede.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'