GEORGE NUUS - Inwoners van George, veral Denneoord, word gewaarsku oor 'n toename in huisbrake en -rowe in die omgewing.
Hulle word gevra om waaksaam te wees oor wie in die woonbuurt rondbeweeg, of dit nou te voet of per voertuig is.
"In Denneoord, Bergsig en Heatherlands sien ons beslis 'n toename in diefstal vanuit voertuie asook huisbrake," sê Louis Keyter van Denneoord-buurtwag.
"Toegang tot huise word verkry wanneer inwoners gewoonlik nie tuis is nie. Deure word oopforseer en in baie gevalle word daar van oop vensters gebruik gemaak om toegang tot 'n woning te verkry. Motors se vensters word uitgeslaan en ons het onlangs 'n voorval van remote jamming by 'n plaaslike winkel gehad," sê hy.
Enige waardevolle items moet uit voertuie verwyder word - verál die voertuie wat saans buite staan. Hy stel ook voor dat alle hekke, deure en vensters toegemaak en gesluit word wanneer inwoners nie tuis is nie.
Indien jy enige ongewenste kuiergaste in jou erf betrap, skakel dadelik jou plaaslike buurtwag en die polisie. Moenie verdagte mense op jou eie nader nie.
Residents of George, especially Denneoord, warned about an increase of burglaries and robberies in the area.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’