Update
TUINROETE NUUS - Jamie Lee Julius (16) se vriende sou haar waarskynlik nie kon hoor indien sy om hulp geroep het toe sy op Saterdagaand, 28 Januarie, skaars vier meter vanwaar hulle binne 'n plaashuis op die plaas, Vadersgawe gekuier het, verkrag en verwurg is nie.
Volgens haar vriende was die musiek in die huis hard en het almal saam in 'n vertrek gekuier.
Mossel Bay Advertiser het die moordtoneel die afgelope week besoek en Jamie Lee se hartseer vriende het aan die Advertiser vertel dat hulle 'n gesellige aand op die plaas gehad het.
"Ons het musiek gespeel en gekuier. Ons was seker so 10 vriende wat bymekaargekom het," het een van haar vriende gesê.
Volgens hom het die verdagte ook by die partytjie aangesluit. "Ons het hom nog nooit ontmoet nie en hy was ook baie ouer as die meeste van ons."
Die verdagte, Johan Counter (30) het die afgelope week vlugtig in die landdroshof in Groot-Brakrivier verskyn op 'n aanklag van moord en verkragting. Die saak is uitgestel tot 14 Februarie.
Counter woon in Friemersheim, maar is oorspronklik van Noupoort. Hy het op 'n plaas in die omgewing gewerk en is na wat verneem word 'n neef van een van die partytjiegangers.
LEES MEER: Tiener wat verkrag en vermoor is se naam bekend gemaak
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'