GROOTBRAK NUUS - 'n Leerder (11) van die Groot-Brakrivier Primêre Skool het 'n tweede aanklag van aanranding teen dieselfde onderwyser aanhangig gemaak.
Dieselfde leerder het vroeër ook 'n aanklag van aanranding teen die graad 5-onderwyser gemaak.
Die woordvoerder van die Groot-Brakrivier-polisiestasie, sers Chantel Marais sê die leerder beweer dat die onderwyser hom herhaaldelik rondgeruk het en voor twee ooggetuies op die grond neergegooi het.
In September het 'n soorgelyke insident na bewering plaasgevind.
Die onderwyser verskyn weer op 10 November in die landdroshof op Groot-Brakrivier.
Lees vorige artikels:
- Onnie terug in hof
- Aanklag teen onderwyser ondersoek
- Onderwyser in hegtenis na beweerde aanranding by skool
- Teacher allegedly beat child with cane
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'