Update
GEORGE NUUS - Nog niemand is in hegtenis geneem na 'n bejaarde vrou, Jutta Heidemann (73), verlede week by haar woning in die Groenkloof Woods-aftreeoord aangerand is nie.
Heidemann het op 6 Augustus omstreeks 17:30 'n man in haar huis betrap waarna hy haar met 'n rewolwer aangerand het.
Volgens sers. Michael Opperman, kommunikasiebeampte van die George-polisie, het die verdagte haar daarna in haar motor geforseer en beveel dat sy by die hek moet uitry. 'n Sekerheidswag het bloed op Heidemann se klere opgemerk en die verdagte agter in die kar sien wegkruip.
Toe die sekerheidswag Heidemann na veiligheid wou bring het die verdagte uit die kar gespring en te voet gevlug.
Die sekerheidswag het hom agternagesit, maar kon hom nie vaskeer nie. Polisie en lede van Bergsig-buurtwag is na die toneel ontbied.
Heidemann het verskeie beserings, waaronder skedelbreuk, gebreekte ribbes en gewrigte, opgedoen.
Volgens sers. Michael Opperman, kommunikasiebeampte van die George-polisie, is die polisie besig om 'n identikit saam te stel. Die skets sal geplaas word sodra die George Herald dit ontvang.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'