Die DA is besig om hul wonde te lek na Bevin Fortuin (DA), wyk 1-Blanco se raads-lid bedank het om sedert gister (Woensdag 1 Mei) die Arende se hoofafrigter te wees.
Die omstredenheid rondom Cynthia Papah het ook tot 'n einde gekom toe sy Vrydag die stryd opgesê het teen haar skorsing uit die DA en bedank het om by Icosa aan te sluit. Sy was wyk 14 -Pacaltsdorp se raadslid. Fortuin en Papah se DA-leemtes volg na die dood van Jacoba Muller, wyk 6 -Rosemoor se raadslid.
Die DA/Cope/ACDP-koalisie het sedert Mei 2011 gemaklik regeer met 27 koalisielede teenoor die ANC/Icosa/PBI-koalisie met 21 lede. Die GOBF sit en toekyk watter kant van die huis hulle moet ondersteun met hul een stem. Met Fortuin, Papah en Muller nie meer in die regerende koalisie nie, word George nou met 'n 24 DA-koalisie teenoor 21 ANC-koalisie meerderheid en een GOBF setel regeer. As die DA-koalisie met die tussenverkiesings hul drie setels aan die ANC-koalisie afstaan, om hul ook 24 setels in die raad te gee, sal die GOBF se één stem die bepalende stem in die raad wees.
Oor hierdie moontlikheid het die GOBF-raadslid, ds. Les Hayward gesê: "Ek stem nie vir 'n politieke party nie, maar vir besluite in belang van die gemeenskap."
Intussen is die vier kandidate vir die eer-ste tussenverkiesing, wat in wyk 6 -Rosemoor sal plaasvind, bekend gemaak. Op Woensdag 22 Mei sal dié wyk se inwoners moet besluit of Hendrik Ingo (DA), Marco Maswati (Icosa), Marius Korsten (onafhanklik) of Betty Barendse (ANC), hul verteenwoordiger op die raad moet wees.
Wyke 1 en 14 se stemdatums is nog nie bekend nie. Marius de Swardt, DA-kiesafdelingshoof vir George het gesê die setels moet eers by die onafhanklike verkiesingskommissie vakant verklaar word, waarna 'n datum bepaal sal word.
* With Georgians facing by-elections in three DA wards - 1, 6 and 14 - the DA will have to put up a feisty fight to hold on to its 27 coalition lead over the ANC's 21 coalition. If the ANC coalition takes the three wards from the DA, the George Independant Ratepayers Association will have the last say in decision making with only one seat in council.
.jpg)
DA-kandidaat Wyk 6: Hendrik Ingo
.jpg)
Icosa-kandidaat Wyk 6: Marco Maswati
.jpg)
Onafhanklike kandidaat Wyk 6: Marius Korsten
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'