Update
GEORGE NUUS - Die polisie kon vandeesweek nog nie die identiteit van die man wie se liggaam Sondagoggend in 'n oop veld in Rosemoor gekry is, bekend maak nie.
Die George Herald kon egter in tussen vasstel dat die familie van 'n jong man, wat meer as 'n maand deur sy familie gesoek word, nou DNS-toetse sal ondergaan om vas te stel of die liggaam dié van Jovi Remas (29) van Rosemoor is.
'n Menslike kopbeen is vroegoggend op 'n sypaadjie in Rosemoor agter Coca Cola gevind. Die polisie vermoed dat dit deur honde tot op die sypaadjie gesleep is.
Die res van die liggaam wat reeds begin ontbind het, is sowat 'n 100m verder in die veld naby die Rosemoor-ouetehuis gevind. Die man was geklee in 'n swart denimbroek, blou top met 'n kappie en Puma-tekkies.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie, is die man reeds sowat 'n maand lank dood. "In hierdie stadium kan ons nog nie sy identiteit bevestig nie. DNS-toetse moet eers op die liggaam gedoen word," het Pojie aan die George Herald gesê.

'n Geregtelike doodsondersoek is geopen
*Hoewel daar boodskappe van medelye op die Facebook-profiele van Remas se familielede geplaas is, wil die familie nie in hierdie stadium engie kommentaar lewer tot die DNS-uitslae beskikbaar is nie.
Lees vorige artikels:
Jovie Remas.
*The police could not confirm the identity of the man whose body was found in an open field in Rosemoor on Sunday morning. Since then the George Herald could establish that the family of missing Jovi Remas will be undergoing DNA tests to determine whether this could be his body.
A human skull was found on a pavement in Rosemoor, behind Coca-Cola, early in the morning. The rest of the body was found about 100m further in a field near the Rosemoor old-age home.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'