Update
GEORGE NUUS - Die polisie het bevestig dat die liggaam wat vanoggend in Rosemoor gevind is, dié van 'n man is.
'n Menslike kopbeen is vroegoggend op 'n sypaadjie in Rosemoor agter Coca Cola gevind.
Die polisie vermoed 'n hond het die kop van die erg ontbinde liggaam verwyder.
Die res van die liggaam is sowat 'n 100m verder in die veld naby die Rosemoor-ouetehuis gevind.
Die onbekende man was geklee in 'n swart denimbroek, blou top met 'n kappie en Puma-tekkies.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sê 'n geregtelike doodsondersoek is geopen.
Enigiemand wat die polisie kan help met die uitkenning van die oorledene, kan die Conville-polisie skakel by 044 803 3300.
Lees 'n vorige artikel: Menskopbeen in Rosemoor gevind.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'