GEORGE NUUSFLITS - 'n Menskopbeen is blykbaar vanoggend, Sondag 27 Mei, in Rosemoor teen die muur van 'n huis naby die Rosemoor-ouetehuis gevind.
Die polisie het daarna 'n soektog met die rivier langs in die veld tussen Coca Cola se agterkant, die ouetehuis en George Hoërskool geloods. Hulle het glo op nog beendere afgekom.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'