Gallery
GEORGE NUUS - Die familie van 'n ontslape geliefde wie se kissie met as by Victoriabaai weggeraak het, wil antwoorde hê en eis 'n ondersoek.
Dit is die nuutste verwikkelinge oor die aangeleentheid wat nou al etlike maande duur.
Inwoners van Victoriabaai het vroeg in Maart 'n kennisgewingbord aangebring wat mense tot 30 Junie tyd gegee het om gedenkstene, kruise en kissies by die oord te verwyder.
Teen verlede Woensdag is talle van die items reeds verwyder deur diegene wat dit daar geplaas het, maar etlike klaarblyklik nie.
Die oorblywende items is verlede Woensdag in 'n krat gepak en naby die ingang geplaas. Vrydag was dit in 'n mobiele vullisdrom by die ingang, maar is intussen weer in 'n krat gepak.
Foto's: Kissies en gedenkstene by Vicbaai verwyder
Dewald van der Merwe, 'n inwoner van George, het Dinsdag gesê sy oorlede pa, Sarel, se as is sowat twee jaar gelede tydelik in 'n kissie by die suidwestelike punt geplaas. In daardie stadium was daar reeds verskeie kissies en geen kennisgewingbord wat dit verbied het nie. 'n Paar maande gelede het hy gehoor daar is mense wat ongelukkig is en ook van die nuwe kennisgewingbord. As gevolg van die inperking kon hy eers op 28 Junie daarheen gaan. Dit was twee dae voor die spertyd. Tot sy skok kon hy nie die kissie met sy pa se as vind nie.
Van der Merwe en sy familie wil nou weet wat van sy pa se as geword het. "As ek iets onwettigs gedoen het, vra ek om verskoning. Dit was nie die bedoeling nie." Hy wys nie vinger nie. "Ons as familie wil net weet hoe en deur wie is my pa se as verwyder."
Volgens hom het hy onlangs ook kontak gemaak met die onderskeie plaaslike owerhede. Hulle het geen kennis gedra van die kennisgewingbord en die verwydering van die kissies nie.
Volgens 'n inwoner wat verkies om anoniem te bly was daar in die verlede vandalisme deur mense wat onder die invloed van drank was. Die inwoners het niks weggooi nie.
André Groenewald, nog 'n inwoner wat nie omgee dat sy naam genoem word nie, het gesê hy staan neutraal. Hy het wel vrae oor die wyse waarop die hele aangeleentheid hanteer is en wil weet wat is die rol van die plaaslike owerheid in die aangeleentheid.
Distriksmunisipaliteit reageer
Volgens die Garden Route Distriksmunisipaliteit (GRDM) is begrafnisse, verassings en begraafplase 'n funksie van B-munisipaliteite. "Of hierdie aktiwiteit in 'n privaat of openbare ruimte plaasvind, dit word steeds deur die B-munisipaliteit gereguleer," sê hulle. "In hierdie geval vind die aktiwiteit by Victoriabaai plaas, wat onder George-munisipaliteit ressorteer. Daar is geen rekord van George-munisipaliteit aan GRDM beskikbaar wat teen hierdie gebruik op ons grond adviseer nie. Verder is ons ook nie bewus van enige kennisgewingbord wat deur inwoners opgesit is nie. Ons sal dit ondersoek. Die GRDM is ook glad nie betrokke by die verwydering van gedenkstene of kissies vanaf genoemde perseel nie. Ons het op hierdie stadium geen instruksie vir sodanige verwydering gegee nie. Die munisipaliteit volg amptelike kanale om enige saak van belang aan die publiek bekend te maak, bv. openbare kennisgewings of die radio. Die kennisgewingbord is nooit deur die GRDM goedgekeur nie. Ons het die perseel besoek en waargeneem dat daar nie meer enige [gedenkkissies] is nie. Ons dra geen kennis van wie dit gedoen het nie."
* Family members of the late Sarel van der Merwe want to know how and by whom the small casket containing his ashes had been removed from the south-western end of Victoria Bay. One of Van der Merwe's sons, Dewald, went to fetch it on 28 June, but couldn't find it. A resident mentioned that vandalism occurred there in the past. The Garden Route District Municipality denies knowledge of the issue, and said matters to do with burials resort under B municipalities (George Municipality).
Die kissies en gedenkstene Vrydag in 'n mobiele vullisdrom. Dit is intussen uitgepak in 'n krat. Foto: Eugene Gunning
Die kissie met die as van wyle Sarel van der Merwe 'n paar jaar gelede, voordat dit weggeraak het.
The Garden Route District Municipality's response: "The GRDM is of the view that burial, crematoria and cemetery in terms of the powers and functions is a function of the B-Municipality. Whether this activity is happening in a private or public space, it is still regulated by the B Municipality. In this case, this activity is taking place at Victoria Bay which falls under George Municipality. There are no records from George Municipality to GRDM at our disposal advising against this practice on our land. Furthermore, we are not aware of any notice board put up by residents, we will investigate that. We are also NOT as the municipality involved in the removal of plagues or boxes on the site in question. We have not at this stage issued any instruction for such a removal. There are formal channels we follow as the municipality to communicate any matter of interest with members of the public i.e. issuing of public notice, radio etc. The notice board was never sanctioned by GRDM. Our team visited the site, and we have since observed that there is nothing on site. We have no knowledge who has done that."
Vorige artikels:
- Dinsdag is D-dag vir Vicbaai kissies
- Weg met die kissies
- Wye reaksie oor planne by Vicbaai
- Vicbaai se kissies moet waai
- Vrae oor as in kissies by Victoriabaai
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'