SUID-KAAP NUUS - Die sewende Erfenistoer, wat vanjaar die blommeparadys van Namakwaland besoek het, was in een woord fantasties!
Die 51 deelnemers in 27 voertuie, wat almal tussen 1815 en 1975 vervaardig is, het op 21 September by Matroosberg 4x4 buite Ceres bymekaar gekom. Op 22 September het hulle oor Malmesbury, Darling en Yzerfontein na Velddrif vertrek, waar hulle in die Riviera-hotel oornag het.
Op 23 September is hulle oor Piketberg en Leopoldtville na Lambertsbaai om daar te oornag.
Op 24 September is hulle oor Clanwilliam, Citrusdal en Porterville terug na Ceres, waar hulle weer by Matroosberg 4x4 oorgebly het.
Hulle het op 25 September huiswaarts gekeer.
"Almal is veilig by die huis na 'n heerlike toer," sê Pierre Olivier, voorsitter van die reëlingskomitee.
Die Erfenistoer het die skilderagtige dorpies langs die Weskus besoek. Foto's: Phillip Rosser
Goeie geselskap en lekker kos het die toer gekenmerk.
Namakwaland se blommeprag het nie teleurgestel nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'