GEORGE NUUS - ‘n Unieke koekiedeegprojek is onlangs deur Emmaüs Beskermde Werksentrum van stapel gestuur om geld in te samel.
Emmaüs is tans die alleenverspreider in George van die unieke Tom & Lotte’s World Cookie Dough.
Die deeg word verpak in 1 kg-pakkies en is in drie geure beskikbaar, naamlik Crunchie, Vanilla en Spiece (gemmer).
Die deeg is baie veelsydig, kan ontvries en weer gevries word sonder enige nagevolge, en kan tot een jaar in die vrieskas gebêre word.
Bestellings kan by Emmaüs geplaas word by 044 873 4196 of is tot 13 Desember by Emmaüs te koop. Dit sal ook weer vanaf Januarie 2022 beskikbaar wees.
"Ons doen 'n beroep op die publiek om ons asseblief te ondersteun," sê Ronette de Beer, sosiale werker van Emmaüs.
Handige gevriesde koekiedeeg is by Emmaüs te koop.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'