Update
GEORGE NUUS - 'n Voormalige plaaslike polisiekonstabel (28) wat seks (met toestemming) met sy meisie se minderjarige dogter gehad het, is Dinsdag 30 Oktober in die Thembalethu-streekhof gevonnis.
Volgens die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) se nasionale woordvoerder, Moses Dlamini, is die man, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie om die identiteit van die slagoffer te beskerm, in Januarie op aanklag van verkragting in hegtenis geneem ná die slagoffer haar ma van die voorvalle vertel het. Die beskuldigde is op 8 Februarie op borgtog van R1 000 vrygelaat en het uit die polisiemag bedank.
Hy het op vyf aanklagte van seks met 'n minderjarige skuldig gepleit en is tot vier jaar korrektiewe toesig en 'n verdere vier jaar gevangenisstraf gevonnis. Die vonnis is in geheel opgeskort vir vyf jaar.
Die staat het betoog dat die beskuldigde in 'n vertrouensposisie was en dat die kind se ma hom met haar dogter vertrou het.
Die verdediging het gefokus op sy eerlikheid omdat hy skuldig gepleit het. Sy regsverteenwoordiger, Winston Jansen van Nico Smit Prokureurs, het tydens slotbetoë gesê dat die beskuldigde nog jonk is en buite die tronkmure gerehabiliteer kan word.
Die saak het voor streeklanddros Eugenia Jacobs gedien en Chamelle Bastian was vir die staat.
*A former local police officer (28) who had consensual sex with his girlfriend's minor daughter, was sentenced in the Thembalethu Regional Court on Tuesday 30 October. He pleaded guilty to five charges of sex with a minor and was sentenced to four years correctional supervision and a further four years imprisonment. The sentence was suspended for a total of five years.
Lees vorige artikels:
- Konstabel se saak na streekhof vir verkragting
- Opvolg: Verkragtingsaak teen Konstabel
- Konstabel vas vir beweerde verkragting
- Konstabel kry wél borgtog
- Konstabel kry borgtog na beweerde verkragting
- Constable in custody on rape charges
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'