Update
GEORGE NUUS - 'n Plaaslike polisiekonstabel (27), wat na bewering sy meisie se minderjarige dogter verkrag het, het Woensdag 28 Maart in die George-landdroshof verskyn.
Die saak is uitgestel tot 3 Mei vir die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) om finaal te besluit op watter aanklagte hulle die verdagte gaan vervolg.
Volgens onafhanklike polisie-ondersoek direktoraat (Opod) se nasionale woordvoerder, Moses Dlamini, is die verdagte, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, om die identiteit van die slagoffer te beskerm, op ses aanklagte van verkragting in Januarie in hegtenis geneem nadat die slagoffer haar ma van die beweerde voorvalle vertel het.
Hy is nie in aanhouding nie. Hy is sedertdien met volle voordele geskors hangende 'n departementele ondersoek.
Lees vorige artikels:
- Konstabel vas vir beweerde verkragting
- Konstabel kry wél borgtog
- Konstabel kry borgtog na beweerde verkragting
- Constable in custody on rape charges
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'