Update
GEORGE NUUS - Die hofsaak waarin 'n plaaslike konstabel (27) vir die verkragting van sy vriendin se minderjarige dogter aangekla word, is Donderdag 3 Mei na die Thembalethu-streekhof oorgeplaas.
Die verdagte, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie om die identiteit van die slagoffer te beskerm, is in Januarie in hegtenis geneem. Hy is op 8 Februarie op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Volgens Moses Dlamini, nasionale woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) is die verdagte op ses aanklagte van verkragting in hegtenis geneem nadat die slagoffer haar ma van die beweerde voorvalle vertel het.
Sy het toe haar dogter na die polisiekantoor vergesel waar 'n saak van verkragting gemaak is.
Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het bevestig dat die verdagte sedertdien geskors is hangende 'n departementele ondersoek.
*The court case in which a local constable (27) is charged for raping his girlfriend's minor daughter has been transferred to the Thembalethu Regional Court on Thursday 3 May. The suspect will appear in court on 26 June.
Lees vorige artikels:
- Opvolg: Verkragtingsaak teen Konstabel
- Konstabel vas vir beweerde verkragting
- Konstabel kry wél borgtog
- Konstabel kry borgtog na beweerde verkragting
- Constable in custody on rape charges
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'