Update
GEORGE NUUS - Die EFF wil aanstaande jaar in die Wes-Kaap regeer, en hy gaan die party help om dit probeer reg te kry in die verkiesing.
Dit was vanmiddag die boodskap van die party se nuutste parlementslid, Virgill Gericke.
Hy het met George Herald gepraat enkele ure nadat hy as lid van die nasionale vergadering (parlement) ingehuldig is.
Die 56-jarige Gericke het gesê hy is verskriklik opgewonde oor die nuwe rigting in sy lewe.
"My teenwoordigheid in die nasionale vergadering sal alle gemeenskappe baat. Ek gaan nie stilsit nie en gaan vir alle gemeenskappe werk doen. Daar is baie harde werk wat wag. Ons moet 'n totale ineenstorting van die stelsels wat werk, voorkom. Ons is naby aan 'n totale ineenstorting, en die EFF sal help om dit te keer.
" Volgens Gericke sal die Wes-Kaap nooit weer dieselfde lyk nie. "Sedert 1994 het min in die Wes-Kaap verander. Die EFF wil in 2024 regeer, en niks gaan in ons pad staan nie." Gericke het benadruk dat hy nie 'n ja-broer van die ANC was nie en nie is nie.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’