POLITIEK NUUS - Virgill Gericke, een van George se bekendste politieke leiers is nou lid van die EFF.
Alle aanduidings is dat hy later vandag as ‘n lid van die parlement (nasionale vergadering) ingehuldig gaan word.
Gericke het kort gelede aan George Herald uit Kaapstad bevestig dat hy by die EFF aangesluit het. Op die vraag of hy ‘n parlementslid gaan word het hy alle navrae na die party se leierskap verwys. Hy het wel bevestig dat hy in die Kaap is.
Hy het ook uit die PBI bedank waarvan hy die stigter was. Volgens Gericke sal ’n volledige verklaring later uitgereik word.
Die EFF het in ‘n verklaring bevestig dat Gericke by die party aangesluit het.
Dit het Woensdagmiddag bekend geword dat Gericke as PBI-lid in die George-stadsraad en die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, bedank het.
Daarna is wyd gegis oor sy politieke toekoms en daar is selfs in sommige kringe verwag dat hy by die PA sou aansluit. Sy aansluiting by die EFF het Donderdagoggend vir talle mense as ‘n groot verrassing gekom.
Gericke het Woensdag gesê daar is nuwe verwikkelinge wat ten goede van die hele gemeenskap sal wees.
Verwante artikel: Virgill Gericke bedank
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’