CALITZDORP NUUS - Mense van heinde en ver reis jaarliks na Calitzdorp om by De Krans druiwe, perskes en appelkose te gaan pluk. Teen net R9 per kilogram is dit ‘n heerlike uitstappie vir oud en jonk.
Wanneer jy dan ook gevra word om baba-oppasser vir die dag te speel, en wonder hoe lank ‘n dag dan nou kan raak indien jy nie iets het om te doen nie, begin druiwe pluk in Calitzdorp na ‘n fantastiese idee klink.
Colleen Barnard, toerismebestuurder van Oudtshoorn- en De Rust-toerisme het verlede Saterdag saam met haar familie, en vriende van haar se seuntjie, besluit om die dag in Calitzdorp te spandeer.
Almal het in haar kar gespring en die sowat 50 km van Oudtshoorn na Calitzdorp afgelê.
Daar aangekom het hulle deur die druiweprieel geloop en ‘n mandjie vol druiwe gepluk.
Fourie vertel dat die mannetjie inderdaad ‘n boer van harte is en dat hy nie een oomblik oor die hitte gekla het nie, "hy het dit baie geniet om in die ope lug druiwe te kon pluk", vertel sy.
Mense van heinde en ver stroom na Calitzdorp om druiwe te kom pluk. Foto: Corleen Barnard
Twee ywerige druiweplukkers. Foto: Corleen Barnard
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'