Update
GEORGE NUUS - Vonnisoplegging vir dr. Ian Venter het vandag, Woensdag 10 Oktober, in die George-streekhof begin.
Venter is op 11 April skuldig bevind op aanklag van seksuele aanranding van 'n minderjarige ná hy op die aand van 11 April 2015 'n 13-jarige seun, wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het.
Die voorvonnisverslag van die maatskaplikewerker, Arina Smit, is vandag aan die hof voorgelees.
In haar verslag noem Smit dat Venter 'n lae tot medium risiko oortreder is.
Venter is in September 2014 ook skuldig bevind dat hy in Desember 2011 seks met 'n 15-jarige seun gehad het en pornografie aan die seun gewys het. Op dié aanklag is hy tot vier jaar korrektiewe toesig gevonnis.
Vonnisoplegging sal môre in die George-streekhof voortgaan.
Venter word deur John Gillespie verdedig, Hankie Marx is vir die staat en die saak dien voor streeklanddros Francis Makamandela.
Lees vorige artikels:
- Streekhofdatum vir tandarts Ian Venter
- Tandarts na streekhof vir minagting
- Tandarts se lot in April bepaal
- Dentist case progression like pulling teeth
- Venter-saak: Uitspraakdatum in 2018 vasgestel
- Opvolg: Ian Venter-saak
- Saak teen Ian Venter uitgestel
- Tandarts volgende week in hof
- Tandarts in hof oor kinder-pasiënte, kry borgtog
- Plaaslike tandarts kry borg
- Plaaslike tandarts vandag weer in hof
- Dr. Ian Venter gearresteer
- Ian Venter-saak wéér uitgestel
- Ian Venter-saak later weer in hof
- Opvolg: Tandarts ontken betasting
- Tandarts ontken betasting
- Ma van tienerseun getuig
- Tandarts-saak: Ma van slagoffer getuig
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'