Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Kleuters van Klouterwoud-kleuterskool het vanoggend vir groot vreugde gesorg toe hulle Tuiniqua-versorgingsentrum besoek het as deel van Lentedagvieringe.
Hulle het vir die inwoners gesing en blomme en kolwyntjies oorhandig. As deel van Lentedagvieringe is 'n 1 000 pannekoeke ook gebak.
Een van die inwoners, Elene Odendaal is vandag 81 jaar oud en die kleuters het vir haar 'n verjaarsdagliedjie gesing. Die sentrumhoof, Alani Voigt, het gesê dis baie spesiaal vir die inwoners.
Die kleuters bring buitengewone vreugde vir die inwoners."
Foto's: Eugene Gunning
VIDEO: Kleuters vier Lente by Tuiniqua Versorgingsentrum
VIDEO: Elene Odendaal is op Lentedag 81 jaar oud
VIDEO: Pannekoeke gebak by Tuiniqua Versorgingsentrum
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'