Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - ‘n Tweede boek deur die opwindende nuwe krimi-skrywer Julio Agrella, wat in die Hoekwil omgewing woon, het onlangs verskyn.
Zeus van Wyngaardt en die Skrikgodin volg minder as ‘n jaar na Agrella se eerste roman, Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag, wat uitstekende resensies ontvang het.
Dit was dan ook van die eerste vrae wat Riana Scheepers aan hom gevra het by die bekendstelling wat gisteraand, Woensdag 7 September, by Wordsworth Books in die Garden Route Mall plaasgevind het: Hoekom so gou, en hoe het jy dit reggekry?
Soos die gode dit wou hê, blyk dit toe dat ‘n opmerking van die einste Riana ná die verskyning van sy eerste boek hom aangespoor het.
Agrella het lekker gesels oor sy hoofkarakter, die “zef” speurder van Springs, met sy interessante persoonlikheid, donker humor en geneigdheid om met Griekse godinne deurmekaar te raak.
Lees meer oor die bekendstelling in volgende week se George Herald.
VIDEO: Verskaf
At the book launch.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'