Update
GEORGE NUUSFLITS - Die DA-koukus van die George-raad het ‘n versoek aan die party se federale uitvoerende kommissie (Fedex) gestuur vir toestemming om ‘n mosie van wantroue in George-burgemeester, Melvin Naik, in te dien.
Indien die DA-leiers hierdie versoek goedkeur sal die mosie waarskynlik ingedien word vir die volgende raadsvergadering op Dinsdag 26 Junie. Die Fedex-voorsitter, James Selfe, het bevestig dat hy die koukus se versoek laat gistermiddag (20 Junie) ontvang het. “Dit sal eersdaags deur die federale uitvoerende komitee bespreek word,” het hy gesê.
Intussen vind Naik se interne DA tugverhoor vandag en môre hier plaas. Naik se opmerkings oor homoseksuele is een van die items op sy klagstaat.
Lees vorige artikels:
- DA Mayors in hot water
- Naik se lidmaatskap in weegskaal
- Naik's 'council coup' plot foiled
- George mayor kicked out of DA
- Mayor addresses George council
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'