GEORGE NUUS - Sowat 20 lede van Conville-, Borcherds- en Rosemoor-buurtwagte, het verlede naweek ’n belangrike noodhulpkursus, aangebied deur die departement van gemeenskapsveiligheid, bygewoon.
Die kursus het oor twee dae, Saterdag 29 Februarie en Sondag 1 Maart, by Hoërskool George plaasgevind.
Volgens Conville-buurtwag se voorsitter, Rudy Lewis, is dit maar een van talle kursusse wat hulle lede sal ondergaan. "Ons fokus is op die veiligheid van ons lede asook die gemeenskap.
Daar gaan binnekort nog kursusse aangebied word en ons vra die gemeenskap om in te skakel by die buurtwag. Ons kan baie meer bereik as almal hande vat en mense kan ook hul kennis verbreed," sê hy.
Volgens Lewis benodig hulle nog verskeie sekuriteitstoestelle soos hommeltuie en kameras om meer effektief te wees en ryk hulle uit na die gemeenskap en besigheidseienaars vir bystand.
"Ons doen 'n beroep op besighede in die omgewing vir donasies sodat ons meer effektief kan wees. Ons wil graag kameras in Nelson Mandela-boulevard oprig."
Enigiemand wat belangstel om by die buurtwag aan te sluit kan Lewis by 061 977 6098 skakel.
Al drie is geakkrediteerde buurtwagte wat resorteer on die departement van gemeenskapsveiligheid en word onder die polisie en gemeenskap polisie forum, erken.
Lede van Conville, Borcherds en Rosemoor-buurtwagte wat die noodhulpkursus bygewoon het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'