Sy sig sal bly verswak totdat hy heeltemal blind is.
Conraad was van die ouderdom van 14 jaar ‘n dwelmverslaafde, maar is nou al agt jaar skoon.
Hy was ‘n student by die Cape Town Society for the Blind waar hy drie diplomas verwerf het, maar hy het besef hy is nog altyd werkloos weens sy gebrek.
Sy pa is ‘n bietjie meer as ‘n jaar gelede oorlede en moes by die begrafnisdiens uitvind hy mag nie een van die kisdraers wees nie as gevolg van sy swak sig.
Die familie was bang dat hy die kis sou laat val of seerkry. Conraad was verpletter, want hy was sy pa se oudste seun.
Dit is waar hy besef het hy gaan opstaan en vir Suid-Afrikaners wys wat hy as gestremde kan vermag.
Nadat Conraad by sy bank uitgevind het dat ‘n mens nie vir ‘n lening kan kwalifiseer as jy op ongeskiktheidspensioen is nie, het hy besluit om sy pensioen van R1080 te gebruik om sy visie, wat hy Brood vir my Broer" noem, na te streef.
Hy het biltong en ander snoeperye gekoop wat reeds verpak was en dit met werklose persone as sy gidse geloop en verkoop.
Na ‘n maand se verkope het hy groter hoeveelhede voorraad aangekoop en verpakkingsmateriaal en -toerusting aangeskaf.
Dit het begin werk skep vir nog ‘n gestremde persoon asook ‘n bejaarde.
Dit is nou ‘n jaar later en Conraad het ‘n verpakkingswerkswinkel op die been gebring en het reeds 38 dorpe deur geloop.
Later het hy al vir sewe mense werk en ‘n inkomste geskep.
Conraad het tot dusver gewerk sonder enige skenkings. Hy is reeds ‘n maand in George met verkope besig.
Sy akkommodasie en vervoer hier het hom byna R6000 uit die sak gejaag.
Dit is sonder die twee mense wat hom bystaan se salarisse.
Conraad is getroud en het drie seuns wat baie goed op skool presteer.
100 dorpe
Sy visie is om 100 dorpe deur te loop sonder om mense te pla vir donasies en om te bewys dat gestremdes wel produktief kan wees en dat hulle ook wil werk vir ‘n normale inkomste soos ander.
Indien daar iemand is wat hom wil steun, hetsy finansieel of deur die borg van verpakkingstoerusting, vervoer of akkommodasie soos hy deur die land beweeg, kan u hom skakel by 083 338 8698.
.jpg)
Conrad Thysse (links) beklink ‘n transaksie met Ronald Mulenga (middel) en Victor Orooji.
ARTIKEL EN FOTO'S: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS