Gallery
GEORGE NUUS - Die George Ou Motor Skou is in volle swang en blyk net so gewild te wees soos in die verlede met duisende besoekers wat al van vroegoggend af begin instroom het om ‘n ongelooflike uitstalling van ou voertuie te besigtig.
Daar is vanjaar ’n spesiale fokus op die statige Rolls Royce en Bentley asook ’n aantal ander gewilde Engelse handelsmerke, maar die ander afdelings stel nie teleur met hulle verskeidenheid nie.
Daar is pragtig gerestoureerde voorbeelde van Volkswagens, Porches, Fords, Mercedes Benz’e en nog meer.
Daar is ’n verskeidenheid stalletjies wat motorverwante goedere bied asook kosstalletjies, ‘n biertent en koffietent waar mense heerlik kuier.
Die skou vind plaas by die Eden Tegniese Hoërskool in Langstraat en loop vandag om 18:00 ten einde.
Koop jou kaartjies deur iTickets teen R125 vir volwassenes en R100 vir pensioenarisse. Kinders wat deur volwassenes vergesel word, gaan gratis in.
FOTOGALERY: George Ou Motor Skou in volle swang
Nog 'n statige ou Bentley op uitstalling.'We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’