Sy het 15 ander vroue in die Suid-Kaap uitgestof deur die grootste bedrag geld in te samel vir Kansa se Interimhuis in George. Die vroue het in totaal net meer as R180 000 bymekaargemaak.
Ansie het R45 815 ingebring. Die eerste prinses was Pamela Daniëls met R17 314 en tweede prinses Sheron Raubenheimer met R15 425.
Al die deelnemers moes op allerhande kreatiewe maniere woeker om die mikpunt van R10 000 elk te bereik.
Karen Muller, 2010 se Vonkelvrou van die Jaar, het die kroning waargeneem.
Die akteur Nico Panagio was 'n skitterende seremoniemeester wat met sy aansteeklike geesdrif, manewales en grappe bygedra het tot 'n lieflike aand.
Daar is tot laataand gedans op die maat van die uitstekende plaaslike orkes, Prerogatives.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
Nog foto's van die glansaand hier.
Van links is eerste prinses, Pamela Daniëls, Ansie Swart en Sheron Raubenheimer (tweede prinses).
FOTO'S: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS