Dit het talle besoekers getrek en George se onderburgemeester, Daniël Maritz het die mark saam met dr. Ernest Messina, uitvoerende hoof van die AHi besoek. Hulle het tyd spandeer om met van die stalletjie-eienaars te gesels.
Kinders het groot pret gehad by die pretpark waar die onderburgemeester se gewildheid onder die kleingoed geklim het toe hy van hulle opgetel en op die waterglybaan gegooi het vir 'n meer opwindende ervaring.
Vanoggend begin die AHi Kongres Gholfdag by Kingswood en werksessies in besigheidsontwikkeling word van 09:00 tot 10:00 in verskeie gemeenskapsale aangebied.