GEORGE NUUS - ‘n Aankondiging oor die voortgesette aanbieding vanjaar van die Outeniqua Wheelchair Challenge (OCC) sal binnekort gemaak word. Dit is vanmiddag (Donderdag 10 Januarie) deur ‘n woordvoerder van die munisipaliteit bevestig. Die munisipaliteit was in die verlede een van die hoofborge.
Die George Herald het reeds navrae van mense ontvang wat wil weet of dit weer vanjaar gaan plaasvind.
Betroubaar is verneem dat dit na alle waarskynlikheid weer sal plaasvind. Dit word gewoonlik in die tweede helfte van Februarie gehou en is een van die gewildste geleenthede op die George-kalender.
Dit lok deelnemers van regoor Suid-Afrika en die buiteland. Verlede jaar het meer as 1000 gestremde atlete deelgeneem aan die geleentheid wat by Halfway Toyota naby die Garden Route Mall gehou is.
Dit is verlede jaar die 16de keer aangebied. Die internasionale sportster, Ernst van Dyk het al verskeie kere al daaraan deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'