TUINROETE NUUS - Die saak teen twee mans wat glo 'n 62-jarige vrou in haar woonstel in St. Georgestraat aangerand, beroof en met die dood gedreig het, is in die Oudtshoorn-landdroshof vir borgprofiele uitgestel.
Die 33-jarige Renier Claassen en die 25-jarige Ruan Nel staan tereg op aanklagte van aanranding, huisbraak en diefstal.
Hulle het na bewering by die woonstel van die vrou ingebreek terwyl sy al in die bed was.
Haar selfoon, juweliersware, bankkaarte en motor is gesteel.
Die motor is teruggevind.
Landdros Roelf Konstabel het die saak tot vandag (Vrydag 3 November) uitgestel wanneer 'n datum vir moontlike borgtogaansoeke bepaal sal word.
Nel was ten tyde van die beweerde voorval uit op parool.
Lees 'n verwante artikel: 62-jarige in huis aangrand en gedreig
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'