GEORGE NUUS - 'n Motorfietsbestuurder en sy passasier is albei gehospitaliseer na 'n ongeluk in Wellingtonstraat vroeër vanmiddag, Sondag 17 Junie.
Die motorfiets het na bewering agter in 'n stilstaande voertuig vasgery.
Albei pasiënte is met verskeie beenbreke na die George-hospitaal geneem.
ER24-paramedici het die vroue-passasier vervoer en die bestuurder, 'n man, is deur Eden 911 na die hospitaal geneem.
Die bestuurder van die voertuig is nie beseer nie.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'