Update
GEORGE NUUSFLITS - Die twee 16-jarige seuns van Geelhoutboom wat van die verkragting van 'n vrou (44) verdink word is vandag, 14 Desember, borg geweier. Die saak is uitgestel tot 12 Januarie.
Die vrou van Blanco is Saterdag 25 November naby die DéJàVu-stalle op die R404 (die pad tussen Blanco en die lughawe) verkrag toe sy gaan stap het.
Tydens hul borgtogaansoek het die staat aangevoer dat die verdagtes 'n gevaar vir die samelewing is én dat hulle moontlik weer dieselfde, of 'n soortgelyke oortreding sal begaan.
Die seuns sal as volwassenes verhoor word en staar lewenslange tronkstraf in die gesig sou hulle skuldig bevind word.
Hulle is op 30 November by hul ouers se huise in hegtenis geneem.
Albei is by Huis Outeniqua in aanhouding.
Lees vorige artikels:
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'