GEORGE NUUS - Kom spandeer jou Saterdagoggend 7 Julie by die George-biblioteek en ontmoet die skrywer Petrovna Metelerkamp van "Ingrid Jonker, ‘n Biografie".
Dit is vanaf 11:00 tot 12:00.
Oor die boek 'Ingrid Jonker, 'n Biografie":
Ingrid Jonker, begaafde jong digter, loop op 19 Julie 1965 die see in by Drieankerbaai en verdrink. Sy laat haar familie en vriende agter met meer vrae as antwoorde. Gedurende die afgelope 50 jaar het sy ’n ikoon van die Afrikaanse en Suid- Afrikaanse letterkunde geword. In so ’n mate, dat haar lewe en veral haar dood soms haar werk en die belangrike bydrae wat sy tot die literêre beweging van die Sestigers gemaak het, oorskadu.
Metelerkamp bring nuwe inligting aan die lig wat sy neem uit onbekende nuwe briewe en dagboekinskrywings, o.m. uit die dagboeke van Jack Cope. Talle nuwe onderhoude met mense wat Jonker geken het, word in die biografie opgeneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'