Kolorektale kanker is 'n kankergewas wat aan die binnewand van die kolon of dikderm ontwikkel. Dit word ook dikwels dikderm- of kolonkanker genoem. In Suid-Afrika affekteer kolorektale kanker mense van beide geslagte en alle etniese groepe. Aanduidings is dat dit aan die toeneem is.
Die risiko vir kolorektale kanker is groter wanneer jy:
- 'n hoë-vet, veselarm kos eet;
- weekliks meer as 70g verbrande rooi-
- vleis of braaivleis eet;
- dikwels ingewandsontsteking kry;
- nie gereeld oefen nie;
- ouer as 50 jaar is en 'n familiegeskie-
- denis van kolorektale kanker het, veral
- onder naasbestaandes.
Waarskuwingstekens sluit in anale bloeding, bloed in jou stoelgang, veranderde ontlas-ting, buikpyn, oormatige buikswelling, onver-klaarbare moegheid, asook onverklaarbare gewigsverlies. Waarskuwingstekens moet nie geïgnoreer word nie en mediese raad moet sonder versuim ingewin word. Indien enige twyfel bestaan, besoek 'n dokter of kliniek so gou moontlik.
Moontlike oorsake van kolorektale kanker
Daar word voortdurend navorsing gedoen om die oorsake van die siekte te bepaal. Terwyl meer as 'n kwart van gevalle van kolonkanker aan genetiese faktore toegeskryf kan word, is ander moontlike oorsake voorkombaar: swak eetgewoontes, rook, oorgewig, hoë verbruik van braaivleis en verbrande rooivleis.
Siftingstoets
Persone ouer as 50 en persone wat met
enige van die waarskuwingstekens identifiseer, word aangemoedig om van die geleentheid gebruik te maak om 'n siftingstoets te laat doen. Houertjies vir klein stoelgangmonsters kan by die volgende punte afgehaal word en moet gedurende die tydperk 12 Maart tot
einde April by dieselfde kantore afgelaai word. Neem die bedrag van R80 saam wanneer u die stoolgangmonster indien.
Die kantore en kontaknommers is soos volg:
Pathcare: Gloucesterlaan 1, 044 803 8200.
Ampath: Prins Vincent-vierkant 8A, Langenhovenstraat, 044 802 5100.