GEORGE NUUS - Die Sommer Net Ons ATKV-tak in samewerking met Vriende van Afrikaans (VVA) bied op Saterdag 3 November 'n leesondersteunings-werksessie aan waar ouers, onderwysers en jongmense inleidende hulpmiddels sal ontvang om kinders te leer lees.
Die program sal die deelnemers ook oplei om ondersteuning aan kinders te verleen om te leer en lees met begrip. Verrigtinge begin om 08:30 en loop om 11:30 ten einde.
Dis 'n gratis werksessie en word by Eagle's Nest Ministries in Pacaltsdorp gehou.
Die doel is ook om belangstelling te prikkel by ouers om in 2019 in te skryf vir 'n kursus in leesondersteunings-vaardighede aangebied deur Vriende van Afrikaans.
Bespreking vir spysenieringsdoeleindes by die werksessie moet by Beverley Mckelly, voorsitter van die Sommer Net Ons-tak gedoen word.
Belangstellendes kan haar bel by 071 604 2007.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'