GEORGE NUUS - Meeste van die diere by die Tuinroete-DBV weet hoe hongersnood voel. Dis seker dié dat hulle nie omgee om hul kos te deel nie.
Op Saterdag 29 Februarie, het twee van hul perde, Connie en Flicka, geensins geskroom om hul skrikkeljaarontbyt met 'mede-inwoners', Oats, die bok en twee babavarkies, te deel nie.
Connie is verlede maand deur die DBV uit New Dawn Park gered waar sy brandmaer en byna sterwend was.
Flicka staan ook al 'n geruime tyd by die DBV, maar albei sal in die toekoms beskikbaar wees vir aanneming.
Oats en die varkies is ook op soek na 'n lewe van luuksheid op 'n plaas.
Connie, die voormalige resiesperd en haar pêl, Oats, geniet 'n skrikkeljaarontbyt op 29 Februarie. Connie is op 29 Januarie deur die Tuinroete-DBV uit New Dawn-park gered en Oats was 'n rondloper bok wat deur die DBV opgetel is.
VERWANTE ARTIKEL: Transformation of a lucky horse
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'