GEORGE NUUS - Daar is in die stadium goeie en slegte nuus oor die nuutste situasie van die stompkopkewer en sy simbotiese swam wat sedert Maart verlede jaar groot verwoesting onder bome in George saai.
Dr. Jaap Steenkamp, bekende bosboukenner, sê die afgelope winter het bome gevrek as gevolg van die kewer en sy simbotiese swam, maar daar is ook bome wat behandel is met goeie resultate. Onder die bome wat dit nie gemaak het nie, is die sogenaamde Boxelders en Engelse eike.
'n Stambespuitingsmiddel, PSHB Fungicidal is reeds amptelik by Deff (voorheen Daff, Agriculture, forestry and fisheries) geregistreer. Dit help, maar word ook in kombinasie met ander middels gebruik vir die beste effek om die probleem op te los.
Volgens hom is daar twee wyses om bome te behandel. Sistemiese metode (langwerkende boom inspuiting met 'n insek en swamdoder) en stambespuiting. Die twee metodes kan saam gebruik word vir maksimum effektiwiteit, maar gedurende die winter is die behandeling beperk tot oppervlakte bespuiting waar die PSHB Fungicidal gebruik kan word saam met 'n sistemiese swamdoder en kontak insekdoder.
Hy sê die somer het nou aangebreek en die kewer is nou voluit aktief. "Ons sal nou 'n beter idee kry wat werklik aan die gang is."
In die stadium lyk dit of die situasie buite beheer is. "Dit kan toegeskryf word aan onkunde by mense oor die aangeleentheid."
Daar is ook intussen vasgestel dat bonsai-boompies geraak word deur die kewer en die swam. Sulke boompies kan wel behandel word.
So lyk 'n boom wat besmet is met die stompkopkewer en sy simbotiese swam.
Foto's: Eugene Gunning
Sy advies aan mense is om die bome in hul tuine dop te hou. As daar tekens van besmetting is, kyk eers of die besmette boom nie behandel kan word nie. As dit nie behandel kan word nie, moet dit verwyder word. Dit moet gedoen word op 'n spesifieke wyse wat nie verdere verspreiding aanhelp nie.
Hy en 'n kollega, Braam du Preez, in samewerking met die munisipaliteit, is besig om te kyk na 'n stortingsterrein vir besmette hout. Alle aanduidings is dat 'n stuk gebied by die bestaande stortingsterrein opsygesit gaan word vir besmette hout.
"Die munisipaliteit het erns met PSHB en is behulpsaam met bewusmaking."
Lees vorige artikels:
- Progress in war against beetle
- Stompkopkewer kan nasionale ramp wees
- Koue winter kan help om kewers se voortplanting te keer
- Kewers en swam steeds probleem
- Dodelike stompkopkewer gaan ongestoord voort!
- George kan boomloos word
- Bome vrek op 'n streep
- Besmette bome kry aandag
- Info session about borer beetle
- Beheermiddels op besmette bome getoets
- Bome vrek steeds in George
- Feared borer beetle infestation wreaks havoc in George
- Borer beetles a danger to trees
- Steer clear of dying trees in George area
- Spot beetle infestation
- Expert investigates beetle plague
- Beetle Threat: Public asked to help
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'