Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Terwyl pres. Cyril Ramaphosa verlede week sy staatsrede gelewer het, het 'n besorgde groep inwoners bymekaar gekom om die verwoesting van die stompkopkewer (Euwallacea nr. fornicates) en sy simbotiese swam (Fusarium euwallacea) onder bome in George, te bespreek.
Die kewer en swam vernietig nou al meer as 'n jaar bome in George. Johanna Vermeulen, 'n inwoner, het reeds vroeg verlede jaar gesien daar is fout en vermoed dis goggas wat die skade veroorsaak.
Braam du Preez, 'n bosboukonsultant, is betrek en hy het in Februarie 2018 monsters van die bome na Pretoria geneem. Tydens sy besoek het hy dit met kundiges by die instituut vir bosbou en landboutegnologie (FABI) aan die Universiteit van Pretoria bespreek.
Prof. Wilhelm de Beer van FABI het later self George besoek en ook in Knysna monsters geneem. Hy en sy span het vasgestel dat dit beslis die stompkopkewer en sy simbotiese swam is wat die skade veroorsaak.
Verlede week se geleentheid het by Glenwood Lodge plaasgevind. Jodi Schoeman van Glenwood Lodge het in haar verwelkoming gesê dit is hopelik die eerste van 'n reeks inligtingsessies. Glenwood Lodge is bereid om te help en sy het dit as 'n tragedie beskryf dat van die bome vrek.
Radi Loubser van die George-munisipaliteit het gesê dit is 'n ernstige probleem. Mense het al met oplossings gekom en verskeie produkte is ingespan in 'n poging om dit te probeer vernietig. In die stadium is daar geen duidelike antwoorde nie.
Hy sê die mense van George soek naarstigtelik na oplossings. "Ons kyk na verskeie middels, swamdoders en insekdoders."
In die stadium lyk dit of die probleem groter word. Dit het effens stil gestaan in die winter. In die lente het dit weer opgetel en daar sal aan die einde van die somer weer gekyk word na die situasie.
As 'n oplossing nie gevind word nie, sal die bome wat erg aangeval is, waarskynlik vrek en vervang moet word met iets wat meer bestand is.
George Kuyler van Invasive Plant Solutions het gesê die maatskappy is betrokke by 'n poging om inwoners van Glenwood bewus te maak van die probleem. Inwoners word gewys hoe dit lyk. Die verskillende behandelingsmetodes word ook uitgewys.
Kyk twee video's hieronder
George Kuyler van Invasive Plant Solutions wys van die skade wat aan 'n boom aangerig is. INLAS: Die skade is sigbaar wat deur die kewer en die swam aangerig is. Foto's: Eugene Gunning
Volgens hom neem dit beslis toe en dit kom al meer by bome voor wat voorheen nie besmet was nie. Bome wat erg besmet is, moet afgesaag word en dit moet na 'n spesifieke stortingsterrein geneem word.
Grondbehandeling kan as 'n voorkomende stap toegepas kan word.
Van die inwoners kyk na 'n besmette boom. Foto: Eugene Gunning
Lees vorige artikels hier:
- Info session about borer beetle
- Beheermiddels op besmette bome getoets
- Bome vrek steeds in George
- Feared borer beetle infestation wreaks havoc in George
- Borer beetles a danger to trees
- Steer clear of dying trees in George area
- Spot beetle infestation
- Expert investigates beetle plague
- Beetle Threat: Public asked to help
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'