GEORGE NUUS - PW Botha Kollege het vanmiddag op Facebook bekend gemaak dat hul naam vorentoe as Hoër Tegniese Skool Eden of Eden Technical High School bekend gaan wees.
Dit na die skool aangevat is deur Khoi-San-leiers oor dit steeds die naam dra van ‘n Apartheidsleier.
Die skool sê die naamsverandering kom na vele insette van verskeie ouers, leerders, onderwysers, oudleerdeers en ander rolspelers.
“Ons sal so spoedig moontlik verdere besonderhede aan die huidige ouers en leerders deurgee,” sê die skool.
Hulle wil almal bedank vir die geduld, asook ondersteuning tydens hierdie proses.
Hulle sien uit na 'n blink toekoms vir hul geliefde skool.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'