Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die PPC sement mobiele wetenskaplaboratorium, ter waarde van R500 000 is gister (Woensdag 30 Augustus) aan Pacaltsdorp Sekondêr oorhandig. Die eenheid is ontwerp om wetenskap as ‘n vak vir leerders meer toeganklik te maak.
PPC beoog om meer as 8 500 leerders regdeur die land te bereik met hierdie inisiatief, die ideale alternatief vir skole wat nie hul eie laboratorium het nie of swak toegerus is.
Kabira Akoob, PPC se Groep CSI-bestuurder het aan die George Herald gesê: "Die draagbare eenhede gaan dit moontlik maak om loopbaanpaaie van Suid-Afrika se volgende generasie ingenieurs, wetenskaplikes en tegnici oop te maak.
Die laboratorium, is op wiele gemonteer en kan van klaskamer tot klaskamer geskuif word sodat leerders die genot van praktiese interaktiewe wetenskapdemonstrasies kan geniet, asook die toepaslike hersiening in voorbereidings vir eksamens."
Saam met die laboratorium is ’n stel van 50 eksperimente, elkeen netjies verpak in ’n draagbare plastiese houer waarin die verskillende bestanddele vir die eksperimente reg is vir gebruik. Die eenheid bevat beide tegnologie en die wetenskaplike toerusting wat benodig word om die eksperimente uit te voer.
Waarnemende skoolhoof van Pacaltsdorp, Lloyd Petersen, het PPC hartlik bedank dat hulle Pacaltsdorp gekies het, "Pacaltsdorp is die eerste skool in die Suid-Kaap en een van ’n handjie vol in die hele Wes-Kaap wat hierdie geluk getref het."
Die projek is geïnisieer deur oud-Pacaltsdorp leerling Junay Anthony, wat vandag werksaam is by PPC George. Anthony (nee Daniels) het in 2000 gematrikuleer.
Kyk 'n video hier:
ARTICLE AND VIDEO: MYRON RABINOWITZ, GEORGE HERALD JOURNALIST
'We bring you the latest George, Garden Route news'