Mnr. Kevin Grünewald, Direkteur Elektrotegniese Dienste, sê weens almal se samewerking was hulle die afgelope twee Sondae instaat om die nodige herstel- en opknappingswerk te doen sonder beurtkragtoepassing.
"Dit was merkbaar dat inwoners minder krag gebruik het, wat die munisipaliteit se werk vergemaklik het," het Grünewald gesê.
Grünewald sê al die nodige werk kon nie die afgelope Sondag (3 Julie) gedoen word nie weens ongunstige weersomstandighede. Dit sal nou komende Sondag (10 Julie) gedoen word indien die weer dit toelaat.
"Alhoewel ons aan die hoofkragtoevoer van die dorp sal werk, is ons vol vertroue dat volhoubare kragtoevoer aan die dorp voorsien sal word vir die tydperk wat ons herstel- en opknappingswerk doen.
"Geen gebiede is dus geskeduleer waar krag hierdie Sondag afgeskakel sal word nie, maar verbruikers word weer eens ernstig gemaan om alle elektriese toevoer as lewendig te beskou vir die hele tydperk en ook minder krag te gebruik om die werk te vergemaklik."
Die Departement Elektrotegniese Dienste beoog om van 06:00 tot 18:00 Sondag die nodige werk te doen, en verbruikers word gewaarsku dat moontlike kortstondige onderbrekings en beurtkrag mag voorkom indien elektrisiteitsverbruik die maksimum gebruik word.
"In die geval van buitengewone ongunstige weer, soos met stormsterk winde en reën, wat kan verhoed dat die nodige werk veilig gedoen word, sal dit na die volgende Sondag uitgestel word.
NUWE ELEKTRISITEITSTARIEWE:

ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS