GEORGE NUUS - Water het vir bykans nege ure aaneen uit 'n gebarste toevoerpyp voor 'n huis in Parkdene gestroom.
Die voorval het Maandagoggend in Pegasussirkel plaasgevind.
Die huiseienaar, Willem Williams, was reeds by die werk toe hy oor die situasie ingelig is.
Volgens Williams moes hy uiteindelik maar self in die motor spring en na die departement van siviele ingenieurswese ry om die erns van die probleem te beklemtoon, aangesien daar na vier oproepe nie voldoende reaksie was nie.
"Water het die hele dag lank - van 08:16 tot 16:30 - in die pad afgestroom.
Ek dog ons het 'n probleem met water," het hy gesê.
"Hoeveel kiloliters het nie verlore gegaan nie?"
Die pyp is uiteindelik teen 16:30 herstel.
George-munisipaliteit is vir kommentaar genader, maar dit is nie teen druktyd ontvang nie.
Inwoners van George kan deesdae 'n toep (App) vir hul slimfone aflaai, waarmee munisipale probleme vinnig aangemeld kan word.
Die toep, George Municipality, gee ook die nuutste inligting oor sake in die dorp.
ARTIKEL EN FOTO: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'