GEORGE NUUS - Vrywilligers word benodig om te help met 'n projek om bewusmaking te skep rondom dementia en geld in te samel vir die opleiding van versorgers vir hierdie gespesialiseerde gebied.
Enige belangstellendes word genooi om komende Saterdag, 9 November bymekaar te kom vir 'n werksessie waar die maak van spesiale poppies gedemonstreer sal word.
Die poppies sal by 'n spesiale stalletjie by die Outeniqua Family Market te koop wees op 30 November asook 21 en 28 Desember.
Individue kan ook op eie stoom aangaan met die maak van poppies. Die organiseerders sal die klaar poppies kollekteer.
Persone wat die stalletjie kan beman, word ook benodig.
Skenkings van wol vir die maak van die poppies asook 'n venue waar 'n klomp vrywilligers kan saamkom om geleer te word om die poppies te maak sal waardeer word. Die poppies stel die gedagte voor, "Ons doen ons beste om die los punte bymekaar te hou. Die gebreide poppies kos R10, maar enige donasie sal verwelkom word.
Lint in lila-kleur en klein haakspelde word ook benodig om vir bewusmaking onder ondersteuners uit te handig.
Vir meer inligting, bel vir Lynn by 083 458 9076 of 063 205 7447.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'