Update
GEORGE NUUS – Die seuntjie (9) wat op Maandag 15 Junie in PW Botha-boulevard raakgery is, het gister, Woensdag 17 Junie, in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
Die polisie in Conville het ’n saak van roekelose en nalatige bestuur geopen nadat die seun Maandag deur ’n voertuig getref is.
Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, ao. Chris Spies, sê volgens voorlopige inligting is die polisie omstreeks 11:50 na PW Botha-boulevard ontbied.
Met hul aankoms het hulle ’n seun aangetref wat deur ’n Hyundai-vragmotor getref is terwyl hy die pad oorgesteek het.
Die ondersoek duur voort. Die saak is gevolglik verander na strafbare manslag.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’