GEORGE NUUS - Die polisie in Conville het ’n saak van roekelose en nalatige bestuur geopen nadat ’n jong seun Maandag 15 Junie deur ’n voertuig getref is.
Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, ao. Chris Spies, sê volgens voorlopige inligting is die polisie omstreeks 11:50 na PW Botha-boulevard ontbied.
Met hul aankoms het hulle ’n seun aangetref wat deur ’n Hyundai-vragmotor getref is terwyl hy die pad oorgesteek het.
Die slagoffer is vir mediese behandeling na ’n hospitaal geneem.
Die ondersoek duur voort en die polisie sal verdere besonderhede bekend maak sodra die omvang van die seun se beserings vasgestel is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’