GEORGE NUUS - Die George-sakekamer se visevoorsitter, Brenda Vorster, is nou tydelik aan die stuur van die organisasie. Sy neem waar in die plek van dr. Dennis Farrell, wat verlede week onverwags aangedui het dat hy die politiek betree.
Hy word 'n DA-lid van die George-stadsraad. Farrell het kort daarna bedank as voorsitter van die sakekamer.
Vrae het daarna ontstaan oor wat nou gaan gebeur en hoe Farrell se bedanking die aktiwiteite van die sakekamer raak.
Ingrid Cronjé, die sakekamer se uitvoerende hoof, het die week die versekering gegee dat dinge normaal voortgaan. Farrell se bedanking raak nie die werksaamhede nadelig nie. Die sakekamer het kantoorpersoneel wat omsien na aktiwiteite.
Vorster sal waarneem tot tyd en wyl die formele proses om 'n opvolger te kies, gefinaliseer is. Kennis sal gegee word van nominasies vir die voorsitterskap. Intussen neem Henry Grobler, 'n direkteur van die sakekamer se raad, waar as visevoorsitter.
Cronjé het benadruk die sakekamer is 'n nie-politieke organisasie en kyk na die belange van alle inwoners van George.
Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap en 'n vorige voorsitter van die sakekamer, het by navraag gesê die voortgesette ekonomiese groei van George is uiters belangrik Die Tuinroete is een van die sleutel groeipunte in die Wes-Kaap.
Die AHi Wes-Kaap is bereid om te help om die ekonomie van George en die streek meer inklusief te maak.
Questions arose about the continued functioning of the George Business Chamber after the chairman, Dr Dennis Farrell, announced that he is entering politics. The CEO, Ingrid Cronjé, said office staff will manage the chamber's operation and activities under current lockdown conditions.The vice-chairperson, Brenda Vorster, will be acting chair until a successor has been officially elected.
Verwante artikel: DA verras met Farrel en Adams
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'